Karen Zoid - Engel Chords & Tabs

 

Engel Chords & Tabs

Karen Zoid Chords & Tabs

Version: 1 Type: Chords

Engel Chords

   
Karen Zoid - Engel
------------------

Die hele song deur is D  A  Asus4  G  A  Asus4

Ek het vriende wat ek sien
Ek is verslaaf aan nikotien
Ek hou van karre wat kan ry
Ek huil gewoonlik as ek baklei
Ek het gedink dat dit sou reën
Toe word ek stil en wag alleen
Tot jy kom klop het aan my deur

Ek het 'n dak bo-oor my kop
En in die winter like ek sop
Ek raak benoud wanneer jy luister
Net soos wanneer mense fluister
Ek wonder of jy sal onthou
Dat jou woorde aan my klou
As jy my insluk sonder om te kou

So ek skreeu 'n song vir jou my lief
Bly nog 'n rukkie asseblief
Want as ek sing dan sing jy saam
In 'n droom roep ek jou naam

Ek is so dronk soos Koos Kombuis
Daar is geen swembad by my huis
My sussie bly in Potchefstroom
Die mense daar rook almal boom
Die vier seisoene in jou traan
Hou my vas voordat jy gaan
En ek weer alleen hier staan

So ek skreeu 'n song vir jou my lief
Jy is 'n engel en 'n dief
Want as ek sing dan sing jy saam
In 'n droom roep ek jou naam

[ Tab from: https://www.guitartabs.cc/tabs/k/karen_zoid/engel_crd.html ]
Die chords kan op twee maniere gedruk word: As barre chords, of gewone chords

D	(xx0232) of (557775)
A	(x02220) of (577655)
Asus4	(x02230) of (575755)
G	(320033) of (355433)


Hallo daar almal. Jasper van Zyl en WP du Plessis (alombekend as die hoogs berugte Mr. P) aan die woord. Ons weet almal dat daar 'n MASSIEWE aanvraag na Afrikaanse kitaarmusiek op die internet is en daarom het ons besluit om hierdie KLAS tab op die internet te plaas. Moet ASSEBLIEF nie suinig wees as jy enige Afrikaanse kitaarliedjies ken en kan speel nie. ONS STEL BELANG. Jou medemens stel belang. Komaan, help die mense met kosvoorraad, donasies en kitaartabs. Ons het.  Jy kan! 
E-mail my gerus by jaspervanzyl@mailbox.co.za vir enige terugvoer of vrae. Sien weer as die tyd reg is.
Ons kan ongelukkig nie verantwoordelik gehou word vir enige teleurstelling, psigose, radioaktiewe vergifting of skaakspelnederlae wat met hierdie tab verbind kan word nie.


---------------------------
 This file passed through:
       Absolute Tabs
   http://www.tabs.co.za
---------------------------